Автор |
van Wyk, E. B. |
Дата выпуска |
1971 |
Формат |
application.pdf |
Издатель |
Taylor & Francis Group |
Копирайт |
Copyright Taylor and Francis Group, LLC |
Название |
BÜHLER SE AKSIOMATIEK VAN DIE TAALWETENSKAPPE |
Тип |
research-article |
DOI |
10.1080/04966740.1971.10587943 |
Print ISSN |
0496-6740 |
Журнал |
Taalfasette |
Том |
14 |
Первая страница |
9 |
Последняя страница |
28 |
Аффилиация |
van Wyk, E. B.; Randse Afrikaanse Universiteit |
Выпуск |
1 |
Библиографическая ссылка |
'N Mens hoor dikwels dat taksonomiese en ander nie-transformasionele modelle van grammatikas wel generatief kan wees en dat die verskil dus nie op „generatief vs. taksonomies” neerkom nie, maar op „transformasioneel vs. nie-transformasioneel”. Hierdie opvatting lyk my strydig met die feite van die situasie. Dit is waar dat sekere aspekte van taksonomiese taalbeskrywings generatiewe moontlikhede het, maar geen nie-transformasionele grammatika was voor die koms van die TGG volledig generatief gekonsipieer nie. Dit lyk ook nie of enige resente alternatief vir die transformasionele model besondere generatiewe kapasiteit het nie. Ek meen dus dat dit heeltemal juis is om „generatief” en „transformasioneel” as sinonieme te gebruik |
Библиографическая ссылка |
Ek verwys hier o.a. na die taamlik algemene opvatting dat die TGG die eerste moderne poging was om die kreatiwiteit van taal te probeer verklaar. om die noodsaaklikheid van universalia en 'n universele grammatika te erken, om aan te toon dat taalverwerwing meer as memorisasie impliseer, ens |
Библиографическая ссылка |
Vgl. die aansluiting tussen die „competence-performance” en die „langue-parole-” onderskeide. asook die eksploitering van De Saussure se begrip „faculté de langage” |
Библиографическая ссылка |
In hoe 'n mate dit die geval is. blyk daaruit dat die behavioristies georiënteerde linguiste geen kennis wou neem van sy denkbeelde toe hy in 1938 na Amerika verhuis het nie |
Библиографическая ссылка |
1964. Der Grosse Brockhaus. Vir vollediger biografiese besonderhede word u verwys na Garvin se sterfberig in Language 40, Kainz se inleiding tot die 1965-uitgawe van Sprachteorie en die jongste uitgawe van |
Библиографическая ссылка |
Vir meer inligting omtrent die formele aspekte van sy teorie word u verwys na my artikel. 1970. Taalfasette 12 „Die aksiomatiese metode in die linguistiek” |
Библиографическая ссылка |
Kant se woorde lui. Kritik der reinen Vernunft. „Dass alle unsere Erkenntnise mit der Erfahrung anfange, daran ist gar kein Zweifel: denn wodurch sollte das Erkenntnisvermögen sonst erweckt werden, geschähe es nicht durch Gegenstände, die unsere Sinne rühren…”. Dit is die openings—woorde van die |
Библиографическая ссылка |
Kortom, taalwetenskaplike aksiome is van die geïnterpreteerde tipe en nie ongeïnter—preteer soos dié van die wiskunde en die logika nie. Hier verskil Bühler van Hjelmslev, wat ongeïnterpreteerde aksiome (=premisses) in sy teorie wil opneem. Vgl. my artikel oor die aksiomatiese metode in die linguistiek |
Библиографическая ссылка |
In 'n sekere sin sluit hierdie opvatting aan by dié van die logiese empirisme. Bühler is ni. informeel besig met 'n analise van die „taal” van die taalwetenskap. Dit is veel-seggend dat hy by geleentheid ook na Russel se opvattings i.v.m. die analise van wetenskappe verwys |
Библиографическая ссылка |
Die daarstellingsfunksie kan by geleentheid heeltemal verdwyn voor die uitdrukkings—en appèlfunksies. Jou alfa Jou beta Bühler vertel die storie van 'n student van Bonn wat in 'n wedywering die markvrou wat die skelkampioen van die stad was, tot stilte en träne gedwing het deur slegs die letters van die Griekse en Hebreeuse alfabette met die nodige veragting in sy stem op te sê (! ens.) |
Библиографическая ссылка |
in sinne In sy inleiding tot Sprachteorie meen Kainz dat Bühler se model gewysig moet word om vir 'n vierfunksieskema voorsiening te maak; volgens hom is die vraag 'n Vierde funksie (bl. xv). Dit is egter duidelik dat hy Bühler se werkswyse nie verstaan het nie. Dit gaan ni. om die relasies van die taalteken tot elk van die koördinate van die taalgebruiksituasie en daar is slegs drie, nl. sender, ontvanger en sake en saaklike toedragte. Kainz baseer sy Stelling waarskynlik op die vier semantiese tipes wat onderskei kan word, nl. mededeling, vraag, uitroep en aanspreekvorm |
Библиографическая ссылка |
Trubetzkoy se navorsing i.v.m. fonologiese uitdrukkings—en appèlmiddele het aan die lig gebring dat dié funksies uiters arm strukture vertoon. 1939. Grundzüge der Phonologie wat impliseer dat dit waarskynlik nie moontlik sal wees om afsonderlike boeke hieroor te skrywe nie. Vgl. sy (Praag, bl. 17 e.V |
Библиографическая ссылка |
Dit is moeilik om 'n goeie Afrikaanse term te vind vir wat Bühler hier in gedagte het. Trouens, die Duitse term is self nie besonder geskik nie, en hy vind dit dus nodig om te verduidelik: „…wir verlangen nur, dass das linguistisch Strukturhafte an den Zeichending als solches gemeint sein soll; dasjenige, was den Gegenstand der linguistique de la langue ausmacht” (bl. 62) |
Библиографическая ссылка |
Onder „formalisering” verstaan Bühler ongeveer „abstraktheid”. soos dit verderaan duideliker sal blyk |
Библиографическая ссылка |
Let daarop dat „betekenis”. hier ongeveer vir „interpretasie” of „begrip” staan |
Библиографическая ссылка |
Fenomenologiese analise vereis onder andere die opsysit (einklämmeren) van alle voorafgaande teoretiese kennis omtrent die fenomeen wat ontleed word. |
Библиографическая ссылка |
Die term „eenwoordsin” is dus eintlik 'n verleëntheidsterm wat nie pas by die simbole waarna dit verwys nie. |
Библиографическая ссылка |
Bochénski noem hier die tipe definisie: „…eine Bestimmung des (syntaktischen) sinnes eines Zeichens—lees:, term. ‘(E.B.V.W.)—durch die Tatsache allein, dass dieses Zeichen in den Axiomen eines Systems-lees:, teorie’, (E.B.v.W.)—erscheint.” |